Dik Deurmekaar is haar tweede komiese stuk wat die lyne tussen ‘stand-up comedy’ en ‘n
verhalende een-vrou vertoning vervaag. Sy gesels en vertel van die eerste keer toe sy die
sensasie van deurmekaarheid ervaar het in Juffrou Draak se klas en hoe sy die res van haar
skooljare toe maar begin vrede maak het met die feit dat alles, veral matriekafskeide en
haarstyle, ‘n hengse deurmekaarspul is. Mel lewer ook haar komiese opinie oor die
onverstaanbare obsessie met visvang en ander mense se seksuele oriëntasie en deel
snaakse waarnemings van ‘straight couples’, die landslied, slimfone en ‘fancy’ karre.