Geheime Taal - Lizz Meiring

Geheime Taal - Lizz Meiring

About

Freda is ’n oujongnooi-bloemiste van 50-plus met ’n klein besigheid. ’n Muwwerige klein perseel waar tyd stilgestaan het. Dit sien mens ook in haar keuse van blomme en haar rangskikkingstyl. Sy verkies om slegs bestellings via die internet en foon te hanteer. Nie juis ’n mense-mens nie.
Inderwaarheid is sy bleddie ongeskik, maar ’n amusante bitterbek met ’n skerp tong. ’n Vrou wat sommer hardop sê wat ander te ordentlik is om te uiter. Maar daar is een duidelike en verskuilde rede vir haar agterdog en afkeuring van die mensdom, want ander verstaan nie haar geheime taal nie – die enigste taal wat vir haar sin maak, die enigste kommunikasie waarin sy veilig voel. Dié taal is die geheime taal.

Venue

Social


Geheime Taal - Lizz Meiring